24 Aug 2026

Numeri 6:1-21

Jy is toegewy aan die Here!
Die Bloed van die Lam is in die Nuwe Testament tyd, nou, genoeg om die Heilige Gees in jou te laat woon en jou eenkant te sit vir die Here se gebruik, om Hom te verheerlik!

In die Ou Testament was daar n paar sulke afgesonderes wat die Here gekies het as Nasireërs, soos Simson, Samuel en n paar ander.
Dit was egter moeilik en vol rituele, soos om jou hare ongesny te laat. Dit was toewyding onder die wet.
Toewyding onder Jesus lyk anders: dis van binne en nie oor buite rituele nie!
Die Heilige Gees in ons wy ons toe!

Here dankie vir hierdie “ou” beeld van toewyding. Help ons om te leer hieruit hoe om toegewyd aan U te leef. Soos bv. om niks van “Dood”: ons ou sondige natuur meer te kan akkomodeer nie!
U is die Groot Nasireër wat afgesonder is as Offer vir ons!