23 Aug 2026

Jakobus 2:1-13

Ontferming triomfeer oor oordeel!
Jakobus sê dat ons nie kan beoordeel dat iemand beter as iemand anders is omdat hy ryker is of meer indrukwekkend lyk as die ander ou nie.
In die kerk as gelowiges moet ons almal om ons dieselfde behandel.
Ons kan nie sekere mense bevoordeel en ander minder ag nie, die Here beskou dit hier as sonde en teen die wet.

Here help ons om in die besonder arm mense lief te hê en so te wys U Koninkryk het nie onderskeid nie maar U is lief vir almal!
U is Liefde!