22 Aug 2026

Hosea 1:1-12

Hosea leef ten tyde van 4 konings in Juda en n baie bose Jerobeam wat regeer in Israel.
Dus profeteer en leef hy in dieselfde tyd as Jesaja, n hele ruk voor die ballingskap.

Hy kry die vreemde profetiese opdrag om n prostituut te trou, haar naam was Gomer.
Die Here wou die volk wys dat hulle soos n prostituut optree teenoor Hom, hulle Man.
Die 3 kinders by haar se name is ook profeties:
Die 1ste een vernoem hy na n ramp en skande in Israel, Jisreel.
Dan n dogter wat se naam is : nie genade!
En n seun met die naam: nie My volk.

Deur die kinders se name profeteer die Here aan Juda en Israel dat hulle “vrug” van sonde (Jisreel -“die Here verstrooi) gevolge het.
Hy sal nie meer genade hê nie en hulle sal nie meer Sy volk wees nie.
Dan eindig die hoofstuk met hoop en genade. Na alles sal Israel steeds die Here se volk wees.

Here dankie dat U nog en nog genade het!
U is die Een Hoof waarvan Hosea profeteer!