21 Aug 2026

Numeri 5:1-31

Mense wat onrein was in die tyd van Moses moes buite die kamp gebly het.
Dit is simbolies van iemand wat in die Nuwe Testament aanhou met moedswillige sonde sonder berou.
So n persoon hoort nie in die “kamp”, die kerk nie want hulle moet tot berou kom.

Verder het die Here genade ingestel deur n ritueel daar te stel vir mans wat agterdogtig en jaloers is op hulle vroue.
Instede soos ander kulture van hulle tyd en midde oosterse gebruike ook vandag kan jaloerse mans nie net voor die voet hulle vrouens doodmaak nie.
Daar was n priesterlike proses om vroue wat verdink word van owerspel te toets en vry te stel sou hulle onskuldig wees.

Here dankie dat U wette genade ingebou het!
U is ons Getroue en genadevolle Man!