20 Aug 2026

Jakobus 1:19-27

Sit jou geloof in aksie en leef jou liefde vir die Here prakties uit!

Die eerste ding wat jy moet doen is om in sagmoedigheid na die Here te luister en nie met woede, onvergifnis en hoogmoed verder te leef nie.

As ek en jy daagliks vir die Here leef sal ons anders praat (ons tong beheer) en selfs vir mense met behoeftes help (wees en weduwee) en sodoende die Woord toelaat om sonde en gesindhede binne jou te laat verander.

Here help ons om nie net te hoor wat U vir ons sĂȘ nie, maar dit ook te doen!
U is Wonderbaar!