19 Aug 2026

Esegiël 48:1-35

Vir die jong priester in ballingskap in Babilonië wys die Here die herstel van Jerusalem en die herbewoon van Israel.
Soos in die boeke van Moses en Joshua word die land weer opgedeel sodat elkeen wat terug gaan kom uit gevangeniskap n plek het en hulle weet waar dit is.

Daar is egter soos n 10de n gedeelte van Jerusalem aan die Here gewy: die Tempel berg.
Die Leviete is weer herrinder dat hulle as priesters daar moet diens doen.

Here dankie dat Esegiël n boek van hoop is wat profeties na die toekoms herstel van Israel kyk en dat ons saam met die jong profeet uitsien na die dag as Jerusalem se bynaam word:Die Here is daar!

U is die God van Hemel en aarde!