18 Aug 2026

Numeri 4:1-49

Moses tel die 3 groepe Leviete wat vir Aaron en sy seuns moes help met die dra van die Tabernakel as die Israeliete moes kamp opslaan en skuif.
Die Kehat, Gerson en Merari groepe moes elkeen verskillende dele van die Tabernakel meubels en strukture dra en elke groep was onder leiding van een van Aaron se seuns.

Here dankie vir Orde!
Vandag in die kerk is ons vrywilligers, en nie net mans van 30-50 nie maar ons almal “dra” U Beeld van die Koninkryk in die wêreld in!
U is ons Hoëpriester!