17 Aug 2026

Jakobus 1:12-18

Staan teen versoekinge!
Die Here beloon die wat moreel die regte keuses maak in die lewe en kies om nie te val as versoekinge kom nie maar eerder goed te doen.
Ons kan nie versoekinge op die Here blameer nie!
Net goeie dinge kom van Hom af:
“Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe kom van bo af, van die Vader van die hemelligte, by wie daar geen afwyking of skadu van verandering is nie.”
‭‭Jakobus‬ ‭1‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat U die Waarheid ons volgens U wil verwek het!!
Dankie dat elkeen van ons in U Plan inpas en spesifiek deur U gemaak is!
U is die Vader van Ligte!