15 Aug 2026

Numeri 3:1-51

Daar is altyd n gedeelte van alles wat ons sn is wat 1ste na die Here toe gaan.
Eerste vrug tel vir inkomste, oes, grond en in hierdie geval ook die oudste kind.
Die 22 000 oudste seuns wat aan die Here behoort het en vir Hom in die Tabernakel moes werk is vervang deur die 22 000 Leviete.

Hulle was in 4 groepe verdeel wat om die Tabernakel moes bly en elke groep was verantwoordelik vir n sekere gedeelte van die onderhoud en aanbidding in en om die Tent.

Ek en jy moet toegewyd aan die Here leef, maar ons moet ook weet al behoort alles van ons aan die Here wil Hy graag hê ons moet om dit te wys en te bevestig vir onsself, vir die verlore wêreld en vir Hom dat Hy alles gee, gee ons n 1ste vrug vir Hom terug!
Dit lyk soos n 10de van jou tyd, geld, kundigheid ens wat ons aan Hom gee uit dankbaarheid!

Here dankie vir ons kinders!
Dankie vir ons inkomste!
Dankie vir huis, kar en besittings!
Alles behoort eintlik aan U!
U voorsien!
Daarom wil ons vir U dankie sê op die manier wat U oor en oor in die skrif beskryf: ons 10de terug aan U!
Jesus U is die Eerste Vrug!