14 Aug 2026

Jakobus 1:1-11

Die broer van Jesus, Jakobus, was ook die 1ste pastoor van die Jerusalem gemeente!
Hier skryf hy nie net vir die Jode in Israel nie maar vir al sy volksgenote regoor die wêreld.
En wat ons leer uit Romeine 9 is die boek ook vir ons!

Sy onderwerp waaroor hy skryf is geloof.
Hy begin deur ons as gelowiges te bemoedig dat moeilike tye eintlik ons geloof sterk maak.
Dit leer ons om te vra sonder om te twyfel en te weet ons het nie n mate van geloof nie ons as bekeerdes het n 100% geloof, nou moet ons net nie twyfel nie maar so leef!
Daarvoor het jy dalk wysheid nodig, hoe ons die 100% geloof moet in aksie sit.
Jakobus sê doodeenvoudig: bid en vra vir wysheid, sodat jy sonder twyfel soos n gelowige leef wat ALLES het wat ons nodig het om reg te leef. (2Petr. 1:3)

Here dankie dat daar nie in U oë ryk en arm, goed en minder goed, groot of kleiner gelowigesof enige klasse is in die wat tot GELOOF gekom het nie: ons is almal dieselfde voor U en moet dus mekaar met respek sonder klasse verdeling, behandel!

U is die Alwyse God!!