13 Aug 2026

Esegiël 46:1-24

Genade op genade!
Esegiël “sien” soveel detail van die Tempel.
Onthou die Tempel is op die stadium totaal en al vernietig, maar die Here wys  Esegiël die toekoms!
Hy wys die jong profeet hoe en wat die leier moet offer.
Hy wys hom hoe die toekomstige leier van Israel moet optree.
Nogal oor grond besit in Jerusalem!
So vir Esegiël en die volk bring dit moed: daar gaan weer n leier in Jerusalem wees wat weer by die Tempel gaan offer!
Alhoewel hulle nou burgers van  Babilonië was het hulle hierdie wonderlike vooruitsig begin sien van herstel van die land wat die Here vir hulle gegee het!

Here dankie dat U ons red en herstel!
U is ons Hoop!