11 Aug 2026

Romeine 16:1-27

Paulus het “Friends” gehad want hy begin met Febe sy vriendin.?
Dis so lekker om sy mooi verhoudings te sien.
Mense vir wie hy lief was en saam met wie hy gewerk het.
Hy noem 36 spesifieke mense en groet nog hulle gemeentes en huisselle ook.
10 vroue word spesifiek uitgesonder en Tertius wat die brief neerpen is ook aan die woord in die hoofstuk.

Paulus doen in die lig van sy verhoudings n beroep op sy vriende en die Romeinse gemeente om in eensgisindheid die Here te gehoorsaam!
Daarin lê krag:
“Die God van vrede sal Satan binnekort onder julle voete verpletter. Mag die genade van ons Here Jesus met julle wees.”
ROMEINE 16:20 NLV

“Aan dié God wat enkel en alleen die ware wysheid is, kom die heerlikheid toe, deur Jesus Christus, vir altyd en altyd. Amen.”
ROMEINE 16:27 NLV

U is die Alwyse God
Ons Vriend.