9 Aug 2026

Numerie 1:1-54

Twee jaar nadat Moses die volk uit Egipte gelei het laat die Here vir Moses die volk tel.
Net die mans wat kan oorlog maak, 20 jaar en ouer, is getel.
603 550 mans is getel. Jy kan gemaklik dit met 4 maal om vrouens en kinders ook by te kry.
So dit gee jou amper 2 en n half miljoen mense wat in die woestyn saam met Moses na Kanaan oppad was.
Verder moes Moses leiers vir die stamme kies.
Hierdie stamhoofde het help tel maar ook gehelp met daaglikse administrasie van die volk.
Hierdie boek gaan oor die wonderwerk om al hierdie mense vir 40 jaar in n woestyn aan die lewe te hou!

Her dankie vir U wonderlike verlossings plan!
Dankie dat U n groep uit U volk kies om U werk te doen. Mag ons U Leviete vandag wees.
U is ons Hoof!