8 Aug 2026

Romeine 15:7-33

“Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het. So sal julle God verheerlik.”
‭‭ROMEINE‬ ‭15‬:‭7‬ ‭NLV‬‬

Paulus moedig die Jode en veral die Joodse gelowiges aan om die heidene wat deel word van die kerk te aanvaar en ook anders om.

Hy verduidelik dat die Ou testament oor en oor profeteer dat die heiden nasies ook die Messias as hulle Koning gaan aanvaar en dat hy wat Paulus is geroep is om die heidene te gaan vertel van Jesus wat die Messias is en verlossing ook vir hulle gebring het.

Paulus spreek sy begeerte uit om die kerk in Rome te besoek, wat hy dan wel gedoen het as n gevangene, en dan verder na Spanje te gaan om nog heiden nasies van Jesus te gaan vertel.

Hy het ook die kerke in Griekeland aangemoedig om finansieel by te dra om die Jode wat in Jerusalem was en arm was te ondersteun.
Hy weet egter dat die ongelowige jode in Jerusalem vir hom n gevaar in hou.
Hulle sou hom inderdaad ook later wou doodmaak en het hom toe gearresteer en Rome toe gestuur.

Here als werk in U plan in en U antwoord ons gebede, maar nie altyd soos ons gedink het in ons prentjie dit gaan wees nie!
U is Alwetend!