7 Aug 2026

Esegiël 44:1-31

Esegiël sien die Tempel en die Tempel berg van die toekoms.
Hy sien n toegeboude Oospoort: dit is hoe die Tempel berg tans lyk, maar daar is nog nie n tempel op nie.
Die tempel wat hy sien moet nog vir ons ook in die toekoms kom want dit was nie die Tempel van Jesus se tyd nie.
Jesus het juis tydens Sy aardse lewe deur die Oospoort geloop van Betanië af.

Daarom sien Esegiël die eindryd tempel en voorspel ook dat die Levietiese priester diens weer in die Tempel gaan heringestel word.

Here help ons as gelowiges om vir die wêreld priesters te wees wat hulle na die Here toe lei.
U is ons Hoëpriester!