6 Aug 2026

2 Konings 25:1-30

Na alles wat Nebukadnesar toegelaat het in Jerusalem en Sedekia  gelos het as koning, rebelleer die Judeers weer teen die Babiloniërs.
In Daniël se boek gebeur hierdie min of meer in die tyd van die groot goue beeld en die 3 vriende in die vuuroond.
Alles wat nog oor was van die Tempel word nou in hierdie 2de ballingskap weggevoer: dit was meestal brons.
Die Tempel word afgebrand en die mure van Jerusalem afgebreek.
Jerusalem moes verlate in puin wees hierna.
Daarna rebeller Juda steeds teen die Babiloniërs om die aangewese goeweneur te vermoor.

Here red die mensdom van sy sondige rebelse streek!
U is die Alfa en Omega!