5 Aug 2026

Romeine 15:1-6

Om die Here te dien gaan nie 1ste oor jou eie gemak of wat vir jou belangrik is nie.  
Paulus sê ons moet ander om ons in gedagte hou.
Ons moet hulle swakhede konsidireer, ons moet hulle behoeftes raak sien en ons moet ander opbou meer as wat ons vir onsself sorg.

Dit is immers wat Jesus ook gedoen het!
Hy het ander gedien te midde van beledigings van hulle kant af. Hy het Sy lewe neer gelê vir ondankbares.
Daarom moet ek en jy vasbyt en ook ander bly liefhê en dien, ten koste van onsself, sodat eenheid bewerkstellig kan word.
As ek en jy medegelowiges en ongereddes om ons help en dien, bemoedig en opbou, dan sal al hoe meer mense Jesus loof!

Here laat U Naam geloof word as mense ons onbaatsugtige liefde sien!
U verdien al die lof.
U is die Offer!