4 Aug 2026

Esegiël 43:1-27

Esegiël sien die herstel van die Tempel wat baie jare na hom sou gebeur.
Die Jode vandag wil in ooreenstemming met hierdie geskrifte ook vandag nog die Tempel herbou.
Hulle het n Tempel instituut wat werk om alles in plek te kry.
Ons sien egter hier dat die “Heerlikheid” van die Here deur die oospoort van die Tempelberg gaan inkom.
Dis bevestigend van ander skrifte ook en wys na Jesus wat van Betanië altyd na Jerusalem gereis het deur die Oospoort.
Die oospoort is vandag egter toegemessel maar in 3 verskillende gelowe verwag hulle die Messias om deur daardie poort te breek en op die Tempelberg te verskyn as die Heerlikheid van die Here.

Here ons sien uit na U wederkoms!
U is die Heerlikheid van God!