3 Aug 2026

2 Konings 24:1-20

Jojakim het 3 jaar lank vir Juda aan Nebukadnesar onderwerp en toe rebelleer hy teen Babilonië.
Hy sterf egter in oorlog teen sy omliggende bure en sy seun Jojagin word koning.
Na 8 jaar van regering kom Nebukadnesar egter.
Hy beleer Jerusalem.
Voer die koning en tienduisende van die adelikes, vakmanne en soldate weg na Babilonië.
Nebukadnesar plunder ook die Tempel en vat al die skatte van Salomo se tyd uit Jerusalem.
Net die armes en swakkes bly toe in Jerusalem oor en n familielid van die koning (steeds uit Dawid se geslag) word koning: Sedekia.
Hy rebelleer ook egter later teen Babilonië.

Hierdie is die 1ste van 3 ballingskap neem van die mense van Jerusalem na Babilonië.

Here U genade was groot en U was geduldig met Israel tot op n punt wat U die sonde nie meer kon verdra nie.
U is die Regter wat oordeel.