2 Aug 2026

Romeine 14:13-23

Ons lewe vry in Christus!
Vry van die wet.
Maar ons kan nie in ons vryheid ander laat struikel nie en ook nie ander veroordeel nie.
Elke persoon se wandel met die Here bring hom by die geloofs-oortuiging van wat reg is om te eet en te drink: dit is vir hulself.
Dis nie veronderstel om op ander afgedwing te word of om mense wat nie so vry is ter struikeling te bring nie.
Die liefde wat ons vir mense om ons het behoort ons somtyds te beperk om nie iets te doen, te eet en te drink as die n ander gaan laat twyfel, struikel of wonder oor die geloof nie.
Bewaak jou harmonie met mense om jou en leef vanuit jou eie geloofsoortuiging!

Here dankie dat U met elkeen van ons werk waar ons is en daarom is ons belewinis en geloofsoortuigings verskillend. Help ons om dit so te respekteer sonder om dit op mekaar af te dwing.
U is Uniek!