31 Julie 2026

2 Konings 23:28-37

Josia sterf in n oorlog teen Farao op sy strydwa en sy seun Jehoagas word koning maar 3 maande na hy begin regeer het vang Farao hom en hou hom in Egipte.
Farao stel sy broer Eljakim aan en verander die koning se naam na Jojakim.
Dit beteken steeds dieselfde: God vestig en Jojakim: YHWH vestig.
Maar dit was bloot n politieke skuif om te wys Farao is eintlik in beheer.
Hierdie was n hartseer tyd van n oorheersde Juda.

Here help ons om U te vertrou vir uitkoms en nie vir mense nie.
U is ons Hulp.