30 Julie 2026

Romeine 14:1-12

Mense het geloofs-oortuigings oor verskillende goed.
Hulle voel dis reg om so of so te doen, maar hulle kan nie vir almal om hulle kwaad wees as ander dit nie soos hulle doen nie: dit is immers HULLE geloofs-oortuiging!
So as ander gelowiges om jou nie heeltemal die selfde gebruike, reels of lewenswyse as jy handhaaf nie, kan jy hulle nie veroordeel en dink hulle is dan nie christene nie.
Nee hulle het bloot net nie dieselfde oortuiging as jy nie.
Moet ook nie op hulle neerkyk nie.
As iemand anders se oortuigings en geloofs-gebruike vir jou vreemd is, los hulle uit. Dit is hoe hulle voel hulle die Here moet dien.
Kom ons maak plek vir mekaar as gelowiges se denominasies, rituele, oortuigings, en standpunte.
Elkeen van ons gaan immers saam na die Here toe:
“Want daar staan geskryf: “So seker as wat Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig en elke tong sal My as God bely. ””
‭‭Romeine‬ ‭14‬:‭11‬ ‭AFR20‬‬

Here mag ons meer genade hê met mekaar al verskil ons oor politiek, opvoeding, kos, feeste en so baie dinge in die uitlewing van ons geloof! Alle gelowiges probeer in hulle raamwerk van leef U verheerlik!
U is die Een wat almal verskillend maak!