29 Julie 2026

Esegiël 41:1-26

Esegiël sien verder n visioen van die toekomstige Tempel wat nog gebou gaan word.
Die afmetings van die Allerheiligste moes vir elkeen hoop bring dat die volmaakte kubus weer in Israel se midde herstel sal word.
Die Tempel wat n afbeelding van die Here se Troonkamer is moes ook versier word met engele in die goud ingekerf want in die Here se Troonkamer is daar engele konstant om Sy Troon.

Here dankie vir hoop, dankie vir n toekoms prentjie van U herstelde Teenwoordigheid wat U n verslae Israel kom wys het.
U is ons Hoop!