28 Julie 2026

2 Konings 23:1-27

Koning Josia het  nadat hy weer die wet in die Tempel ontdek het, begin om Jerusalem en die hele Israel skoon te maak van afgode, bygelowe, beelde en selfs die priesters van al die verskillende afgode.
Sy bekering het n geestelike herlewing in Israel tot gevolg gehad.
Daar is afgode wat honderde jare al gestaan het vernietig, vanaf Salomo se tyd (300 jaar vantevore) en Jerobeam se bose kalwers wat hy in Betel opgerig is.
Hierdie vernietiging was 300 jaar vantevore geprofeteer deur n profeet uit Juda aan Jerobeam.

Here ons bid vir herlewing in ons land soos in daardie tye in Israel, maar begin by ons soos U by die hart van Josia begin het en mag ons alles wat aanbid word wat nie U is nie vernietig!
U aleen is God!
U is die Enigste!