25 Julie 2025

2 Konings 22:1-20

n Jong seun oorleef n familie sluipmoord en word toe koning op 8jarige ouderdom.
Maar hy was een van die min goeie konings van Juda.
Op 26 jarige ouderdom begin Josia n herstel projek van die Tempel en hulle ontdek die boekrol van die wet daarbinne.
Toe Josia dit lees en besef dat Juda al vir honderde jare nie doen wat die Here in Sy wet vir hulle beveel het om te doen nie het hy as koning sy klere geskeur en gehuil en met berou voor die Here gestaan.

Die profetes Gulda het toe bevestig dat die Here Jerusalem gaan vernietig oor hulle jarelange sondes, maar dat Josia n vredevolle lewe sal he en sal sterf in vrede.

Here H genade op genade oor honderde jare met Juda verstom my.
Dankie vir U Woord!
Mag ons dit nooit verloor nie!
U is die Woord!