24 Julie 2026

Romeine 13:1-7

Ons as gelowiges het n verantwoordelikheid voor die Here om in n goeie verhouding,  met die regering wat die Here oor ons aangestel het, te leef.
Vir die gemeente in Rome gee Paulus n moeilike opdrag.
Die regering van daardie tyd was die keiser met sy meedoënlose outeriteit was nogsteeds soos met ons regering, die plan van die Here.
Daarom moedig Paulus ons aan om nie te rebeleer en ongehoorsaam aan die land se wette te wees nie maar eerder om met belasting, eer en respek onderdanig te wees en die owerhede te gehoorsaam soos gesante van die Here.

Here ons vertrou U dat die owerhede wat in U diens staan deur U verantwoordelik gehou sal word in U tyd. Help ons egter om onderdanig te wees ten spyte van hoe goddeloos ons regering lyk.
U bly ons Koning