23 Julie 2026

Esegiël 39:1-29

Hierdie profesie is meestal nog nie vervul nie.
Die gedeelte van Israel wat terugkom na hulle land is vervul, maar die ooerlog van die nasies uit die noorde wat Israel gaan aanval met wapens wat vir 7 jaar brandhout aan die omgewing gaan voorsien, wag ons nog voor.  
Die wapens van nou sal nie so gebrand kan word nie, maar na die 1000 jaar vrederyk sal mense nie die huidige wapens meer nodig hê nie.
Die rebellie aan die einde van die 1000 jaar sal dan met ou hout wapens en swaarde gebeur.
Tradisioneel is Rusland en meeste lande noord van Israel baie vyandig teenoor Jerusalem.

Here ons leef nog in bybelse tye want ons weet daar is en sal nog profesië wees wat vervul word uit U woord.
U is die Begin en die Einde!