21 Julie 2026

Romeine 12:9-21

Paulus beskryf hier hoe ek en jy prakties moet lewe: hoe liefde lyk wat ons vir ander mense gee!
Die hoofstuk is een van daardie belangrike gedeeltes wat n mens amper elke dag kan lees!

Dit leer ons van nederigheid, gasvryheid, respek, vergifnis, harmonie in verhoudings, blydskap, hoop op Christus se koms, volhoubare gebed en omgee: dus LIEFDE!

As ons faal in hierdie praktiese beginsels van christenskap dan wys dit ons dat ons nog moet werk aan ons liefde vir ander!

Here dankie dat U deur U Heilige Gees bo-natuurlike liefde in ons harte gee vir U en vir mense om ons!
Help ons nou om liefde nie net teologies en teoreties te bekyk nie maar dit eerder werklik uit te leef soos U Jesus met mense om U LIEFDE geleef het?
U is Liefde wat in ons woon en deur ons werk!