19 Julie 2026

2 Konings 12-21

Hiskia wys  na sy noue ontkoming teen Assirië vir die Babiloniërs alles wat in Jerusalem is.
Hy spog by hulle.
Jesaja kom egter na die koning en profeteer dat die Babiloniërs eendag, na n paar jaar en in n paar geslagte na Hiskia, alles wat in Jerusalem is gaan wegdra na Babel.
Dit het netso gebeur met die Ballingskap.
Selfs die detail van die jongmanne wat in hulle paleise sal dien het in Daniël en later Nehemia en ander, waar geword.
As Hiskia maar nederig gebly het!

Here dis so jammer dat Hiskia dit af gemaak het as iets wat gelukkig nie in sy tyd sal gebeur nie.
Mag ons nie ons nageslagte met slegte  goed uit ons generasie los nie maar eerder met seën!
U is die God van generasies.