18 Julie 2026

Romeine 12:1-8

Jy is n lewendige en heilige offer, wat nuut moet dink volgens die Woord!
Dan sal jy kan agterkom wat jy reg doen en wat is verkeerd.
Hierdie hoofstuk bly een van die mooistes in die Bybel!
Hoe leef ons prakties LIEFDE uit is waaroor dit gaan:
Wees nederig en
Bedien mekaar met jou Heilige Gees gawes wat die Here ander wil gee deur jou.
Om ander te kan bedien en deel van Sy ligaam te kan wees is n vreugde so doen dit met blymoedigheid!
Dis nie hard en swaar om vir ander lief te wees nie inteendeel dis n genade gawe wat ons net konstant moet laat deurwerk in ons lewens!
Dis Karakter!

Here maak ons mededeelsame en vreugdevolle leiers wat weet ons is deel van n groter groep mense waaraan ons behoort en vir wie ons verantwoordelik voor is!
U is Liefde!