11 Julie 2026

Esegiël 36:1-38

Aliyah is die term vir Jode om terug te keer na Israel.
Oor die laaste 100 jaar het miljoene Jode ge-imigreer na hulle bloofde land.
So het hierdie gedeeltes soos hoofstuk 35 & 36 van Esegiël en baie ander profetiese woord waar geword.
Israel onder die hand van die terugkerende Jode het weer vrugbaar geword en waar Israel vir baie jare op neer gekyk is word hulle nou gerespekteer vir wat die Here vir hulle gedoen het.

Here ons bid vir die redding van elke Jood veral die wat van Rusland, Europa, Noord Amerika en oral oor die wêreld terug keer na Israel!
Mag hulle Jesus Christus as hulle Messias aanvaar en bely!
U is ons Geliefde Messias!