10 Julie 2026

2 Konings 18:13-37

Die Assiriërs was nie tevrede met n losprys nie. Hulle het steeds Jerusalem beleer en met n sielkundige oorlog begin deur Hebreeus te praat sodat elkeen op die stadsmuur kon hoor wat hulle sê aan Hiskia se afvaardiging.
Hulle het gesê die Here het hulle gestuur.
Hulle was die sterkste weermag van hul tyd en het vertel hoe hulle ander stede verower het en dat die Here en hulle bure die Egiptenare hulle nie kon help teen Assirië nie.

Here U laat nie toe dat iemand sê U het hulle gestuur en dan is dit nie waar nie!
U is ons Regverdige Beskermer!