8 Julie 2026

Esegiël 35:16-38


As die ballingskap na Babilonië die Here se tugtiging vir Sy volk was en Sy profeet Esegiël profeteer dat Israel weer een dag die land sal bewoon en dit weer vrugbaar sal wees, en ons sien dit voor ons oë gebeur van 1948 af toe Israel onafhanklikheid verkry het, is die Here dan nie vir hulle en vir ons getrou nie!

Al die nasies wat hulle vanuit jaloesie oor Israel se hartseer verlekker het en selfs nou nog vyandig is, dra reeds die Here se oordeel op hulle.

Die Here se plan is dat Sy volk en nou ons ook Hom dien vanuit ons harte:
“My Gees sal Ek in julle binneste gee. Ek sal daarvoor sorg dat julle my vaste voorskrifte volg en dat julle my bepalings nakom en uitvoer.”
‭‭Esegiël‬ ‭36‬:‭27‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat U Gees ons lei van binne af!
U is Gees en Waarheid!