7 Julie 2026

2 Konings 18:1-12

Hiskia word koning in Jerusalem!
Hy was een van die min goeie konings wat reg gedoen het in die oë van die Here.
In sy 29 jaar van regering  verwyder hy afgodery uit Juda en hy vernietig selfs die bronsslang, die Nugustan, wat Moses in die woestyn moes oprig, maar wat intussen n afgod geword het wat mense aanbid het.

Hiskia het nie meer aan Assirië belasting betaal nie, maar in sy 6de regeriringsjaar is Samaria en Israel onder leiding van koning Hosea weggevoer in ballingskap deur Assirië.

Here dankie vir Godvresende leiers!
Mag ons regering U ook opreg dien!
U is die Almagtige God!