5 Julie 2026

Esegiël 35:1-15

Nog n profesie kom teen Edom, een van Israel se buur nasies wat Israel en Juda baie haat.
Hulle het na die ballingskap van beide nasies gesê dat die grond van Israel eintlik aan hulle behoort, maar die Here het die grond vir Sy volk gegee.
Hierdie plek waar Jordanië vandag is, was n mooi vrugbare streek, maar oor hulle arrogansie, afguns en haat teen Israel, is dit vandag nog n woestyn.
Edom die volk van Herodus wat Jesus wou doodmaak en baie kinders in Betlehem vermoor het, het altyd in vyandskap met die Israeliete gestaan.

Here help ons om te seën wie U seën en nie in afguns te leef teenoor enige iemand nie!
U is die God van nasies en volke!