3 Julie 2026

Romeine 8:31-39

Jesus se liefde is so groot en kragtig dat NIKS ons uit Sy Hand kan ruk nie!
Al wil satan, sy demone en die wêreld daar buite ons vernietig kan hulle ons nie van die Here af weg vat nie of Jesus van ons verwyder nie!!
Jy as gelowige staan onders Sy genade en Liefde, so nie eers jou sonde van die verlede, van vandag of van die toekoms kan jou skei van Christus nie, want Hy het reeds vir dit betaal!
Daarom word ons as meer as oorwinnaars beskryf!!
Nie eers n martelaars dood of erge siekte kan ons skei van die Here se liefde nie!
Hy bly lief vir jou!!

Here hierdie gedeelte is oorweldigend!
Dis n liefdes verklaring van U af wat ons net met een opsie oor laat en dit is om uit te skreeu:
JESUS ONS HET U LIEF!!
U is Liefde!