2 Julie 2026

Esegiël 34:1-31

“Julle is my kudde, die skape van my weiveld. Julle is my volk, en Ek is julle God, sê die oppermagtige Here.””
‭‭ESEGIËL‬ ‭34‬:‭31‬ ‭NLV‬‬

Hierdie profesie vir “herders” van Israel was vir hulle politieke en geestelike leiers van die Here se volk, maar dit is ook vandag vir ons van toepassing wat Sy skape lei!
Of ons geestelike leiers is of in die werksplek of gesin lei, ons versorg die Here se mense, Sy kudde!

Ins is nie veronderstel om die skape vir eie gewin uit te buit nie, maar om hulle te “voer” met die Here se beginsels en hulle te versorg, emosioneel, geestelik en letterlik kos te gee.

Jesus ons Goeie Herder wil nie hê ons skape moet verlore rond dwaal nie!
Dit is ons werk om hulle bymekaar te hou en teen hulself en teen wolwe van satan te beskerm.
Die Here voorsien in kos en ons moet hulle voer en veilig hou: vrede bring vrug!
Hierdie gedeelte is geweldig belangrik vir elke leier!!

Here dankie vir die belofte vir ons:
“Die bome van die veld sal hulle vrug lewer, die grond sal sy opbrengs lewer, en hulle sal veilig wees op hulle grond. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek die skeie van hulle juk breek en hulle red uit die hand van dié wat van hulle slawe gemaak het.”
‭‭Esegiël‬ ‭34‬:‭27‬ ‭AFR20‬‬

U is ons Herder!
Die Seun van Dawid!