1 Julie 2026

2 Konings 17:1-23

Die einde van die volk Israel gebeur op n tragiese manier.
In die laaste koning van Israel, Hosea, se tyd het die Assiriërs die stad Samaria vir 3 jaar beleer en daarna die Israeliete as ballinge weggevoer en die stad vernietig.
Hierdie oordeel het na baie jare se sonde van Israel gebeur: hulle het 2 goue kalwers aanbid en gesê dit is God, hulle kinders aan Moleg geoffer en die afgode aanbid van die omliggende mense.
Dit was nie die Here se plan nie, die Israeliete moes vir al die nasies wys hoe om die Here te dien, maar hulle het heidense afgode praktyke gedoen en die Here het hulle oor en oor gewaarsku deur profete maar hulle wou nie luister nie.

Here dis so hartseer hoe 10 stamme wat U uit Egipte gered het en in Kanaan laat woon het oor baie jare hul rug op U gedraai het en toe so ophou bestaan het.
Help ons as nasie om U aan te hou dien!
U is Heilig!