30 Junie 2026

Romeine 8:18-30

Die hele skepping wag dat ons as kinders van die Here besef hoeveel outoriteit ons dra.
Want soos Adam mens en skepping kom onderwerp het aan sonde en die gevolge daarvan het ons nou die Heilige Gees waarmee ons die wereld, mense en skepping kan blootstel aan die verlossing van die Verlosser!
Die Inwonene de Heilige Gees help ons die werk doen maar ook om te bid.
So Hy wat IN ons bly: God se Gees bid self deur ons na God sodat aardse outoriteit Hemelse mag kan in roep om te help om verlossing te openbaar.

Here dankie dat ons vrygespreek is en nou met alles in ons U moet verheerlik:
“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is;”
Romeine 8:28 AFR20

U is Jesus ons Verlosser!