29 Junie 2026

Esegiël 33:12-33

Die Here gee mense kans om om te draai van hulle sonde en verkeerde leefstyl, maar Hy waarsku ook dat regverdiges se lewe kan verander as hulle begin sondig lewe.
Daarna kry  Esegiël tyding van Jerusalem se 2de plundering deur die Babiloniërs.
Hy waarsku weer die wat in Israel is dat dit nie met hulle goed sal gaan nie en dat Israel n woestyn sal wees.

Vir die Israeliete in Babilonië wat luister na Esegiël sê die Here hulle hoor maar doen nie wat die Here deur die profeet vir hulle sê om te doen nie.

Here mag ons nie net beindruk word deur prediking maar dit nie ons lewens laat verander nie!
U Woord moet ons harte en ons dade omkeer!
U is Getrou!