28 Junie 2026

2 Konings 16:1-20

Agas het koning van Juda geword vir 16 jaar van dat hy 16 was.
Hy was n bose koning wat selfs van sy kinders vir Moleg geoffer het.
Sy grootste vyand was die Arameers van Damaskus, maar met die hulp van Assirië het hy hulle oorwin.
In Damaskus sien hy egter n afgods altaar waarvan hy hou en hy laat dit op die Tempel berg vir homself oor bou.

Here help ons om nie die aanbidding wat U van ons verwag te verdraai en daarby ons eie manier en gebruike by te voeg nie!
U is Ja en Amen!