27 Junie 2026

Romeine 8:1-17

“Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in •Christus Jesus is nie.”
‭‭Romeine‬ ‭8‬:‭1‬ ‭AFR20‬‬
Een van die wonderlikste verse in die Bybel!
Paulus verduidelik in hierdie pragtige hoofstuk hoe ons as gelowiges nou die Heilige Gees het wat in ons woon en ons van binne af lei en sê wat reg is en wat verkeerd is.
As ons nie die Heilige Gees in ons het nie behoort ons nie aan Hom nie en moet ons deur die wet van buite af bewus gemaak word van wat reg is.
Mense wat in Christus is en die Gees in hulle het se nuwe identiteit is nou: “KINDERS VAN GOD!
Ons is nie meer sondaars nie maar is nou Sy kinders wat sonder veroordeling staan.

Here help ons om in vryheid n Gees lewe tot U eer te leef deur gehoorsaam te wees aan U Gees in ons.
U is ons Vryspraak en Meester!