24 Junie 2026

Romeine 7:7-25

Die wet wat goed en heilig is het n invloed op elkeen van ons: dit maak ons bewus van sonde en wat reg en verkeerd is.
Daarom as ons nog n sondige natuur het, al is ons gees nuut gemaak deur Christus met ons wedergeboorte, verlei die sondige vlees ons nog om te doen wat nie reg is nie.
Dit wat reg is en wat ons met ons geesmens tot eer van God wil doen, doen ons nie so maklik nie, maar dit wat sondig en teen die wet is doen ons m, wat nog in vlees woon en in n gebroke sisteem vasgevang is makliker.
Ons moet egter besef dat hierdie ou mens n sondaar was wat van nature sondig, maar in Christus is ons n nuwe mens en ons natuur is nou heilig en daarom moet ons veg teen sonde wat deel bly van ons ou natuur.
Heiligmaking is n stryd om jou gees wat nou heilig is te laat leef tot eer van die Here teenoor jou vlees wat jou soos van tevore tot eer van homself wil laat leef.
Ons is nie meer sondaars nie!
Ons identiteit is nou “kind van God”!
Ons natuur is nou heilig en ons doel is om Hom te verheerlik.

Here help ons in hierdie stryd asb en laat ons heilig leef.
U is Heilig!