23 Junie 2026

Esegiël 32:1-32

“In die 12 jaar” (van Juda se ballingskap)…
Dit was op die hoogtepunt van Jerusalem se rebellie teen Nebukadnesar.
Die oorblywende Jode was in opstand teen Babelonië en het konstant gedink en dit gesê dat Farao hulle sal help teen Nebukadnesar.
Nou profeteer Esegiël dat Farao en Egipte ook totaal en al vernietig gaan word deur die Babiloniërs sodat Jerusalem nie hulle hoop verder in hulle bure sal stel nie maar in nederigheid sal luister vir koning  Nebukadnesar.
Hulle het nie vir Esegiël en Jeremia se konstante waarskuwings geluister nie en Jerusalem en Egipte is toe weer binne geval.

Here help ons om nie op mense of op ons eie planne te vertrou nie maar om in nederigheid by U aleen om hulp te soek!
U is ons Toevlug!