22 Junie 2026

2 Konings 15:1-12

Asarja het koning geword in Juda en 52 jaar lank geregeer in Jerusalem ten spyte van sy melaatsheid.
Sy seun Jotam wat al gelei het toe hy in afsondering gewoon het, het na sy pa se afsterwe koning geword. Albei was goeie konings.

Intussen het Sagaria die seun van Jerobeam in Samaria koning oor Israel
 geword en vir 6 maande geregeer voordat hy in n sluipmoord deur Sallum vermoor is.
Sallum was toe die koning van Israel.

Jehu het geprofeteer dat 4 geslagte van Agab sou regeer en Samaria was die laaste daarvan.

Here U is die Waarmaker van U woord.
U is Alwetend!