21 Junie 2026

Romeine 7:1-6

Die Here maak ons vry van die wet en die wet se gevolge as ons dit breek: verlos.
Alhoewel die wet goed is en n heilige riglyn vorm vir hoe mens moet lewe, leef ons nou deur die Gees van die Here!
Die Heilige Gees lei ons nou van binne hoe ons moet leef en nie meer eksterne reels nie.

Here dankie dat ons deur saam met U te sterf ook gesterf het vir die wet en dat die wet se implikasies nie meer n houvas op ons het nie!
U is die Lig van die Gees in ons!