20 Junie 2026

Esegiël 31:1-18

Esegiël profeteer teen Farao van Egipte, maar die Here vergelyk Farao met Assirië.
Esegiël se profesie is in die beeld van n groot boom wat oor alles uitstaan.
Hy sê dit is die koninkryk van Assirië wat magtig was maar tot n val gekom het teen die tyd van Esegiël.
Netso sê die profeet gaan die trotse Farao ook val en verneder word voor Egipte vernietig gaan word.
Die geskiedenis leer ons dit het toe netso gebeur.

Here mag ons elke stuk trots en hoogmoed in ons harte beveg en U met nederigheid dien.
U is Groot en Verhewe bo alles!