18 Junie 2026

Romeine 6:12-23

Ons is vry van sonde!!
Paulus gebruik 2 beelde hier om ons lewe nou te kontrasteer met n lewe van sonde.
Hy sê dat ons ledemate van ons ligame nou wapens van geregtigheid is eerder as wapens van sonde soos dit voorheen was.
Dan noem hy ons nou ook slawe van die Heilige God en nie meer slawe van sonde nie: n slaaf doen wat sy meester sê.
Hy roep ons dus om heilig te leef!

“Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe.”
Romeine 6:22 AFR20

Here dankie dat U ons vrymaak van sonde en ons leef in dankbaarheid deur ons heiligmaking!
U is ons Ewige Lewe!