17 Junie 2026

Esegiël 30:1-26

Esegiël profeteer teen Egipte en die hele Afrika wat aan hulle bekend is.
Farao se arm is gebreek en Esegiël sê daaroor dat dit simbolies is van Egipte wat se krag gebreek is en nie meer n swaard kan vashou nie, maar Nebukadnesar sal die Here se swaard vashou, sê Esegiël.
Afrika en Egipte sou ook deur Babilon weggevoer word en versprei word omdat hulle op afgode vertrou.

Here deur U het nasies en plekke verander! Ons vertrou U om reg te doen.