16 Junie 2026

2 Konings 14:1-22

Amasia was n relatiewe goeie koning van Juda.
Hy het soos sy pa Jehoas die Here gedien.
Hy het egter dwase besluite gemaak soos om teen Joas van Israel oorlog te gaan maak nadat Joas hom afgeraai het.
Joas het met Israel se oorwinning oor Juda vir Jerusalem verneder deur n stuk muur af te breek, en van die goud en skatte saam met gyselaars Samaria toe te neem.
Amasia regeer vir 29 jaar en word opgevolg na sy sluipmoord  deur sy 16 jarige seun: Asarja.
Hy herbou die hawestad Eilat en bring dit weer onder Juda se beheer.

Here dankie dat U genadig is met generasies deur die volgende generasie weer n kans te gee!
U is die Vader van die vaderloses.